Facebook

Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. wat besit word deur die Amerikaanse tegnologiekonglomeraat Meta Platforms. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of nuusartikels, waarvoor 'n gebruiker kan inteken. Facebook het beweer dat dit meer as 2,3 miljard maandelikse aktiewe gebruikers teen Desember 2018 gehad het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne